Die Hertog van Edinburg, wat genoem is na die stad Edinburg in Skotland, is ’n Britse adellike titel wat sedert 1726 al vier keer herskep is vir lede van die koninklike familie. Die huidige titelhouer is prins Edward, wat dit gekry het op sy 59ste verjaardag op 10 Maart 2023. Dié vierde skepping van die titel is lewenslank.
Geskiedenis Die titel is op 26 Julie 1726 die eerste keer geskep, deur koning Geroge I vir sy kleinseun prins Frederick, wat die volgende jaar die Prins van Wallis geword het. Die titels wat daarmee saamgegaan het, is Baron van Snowdon in die graafskap Caernarvon, Burggraaf van Launceston in die graafskap Cornwall, Graaf van Eltham in die graafskap Kent,London Gazette, uitg. 6494, 12 Julie 1726, p. 1 en Markies van die Eiland Ely. Ná prins Frederick se dood het die titel gegaan na sy seun prins George. Toe prins George in 1760 koning George III word, het die titels met die kroon saamgesmelt en ophou bestaan.
Koningin Victoria het die titel op 24 Mei 1866 herskep vir haar seun prins Alfred. Die bykomende titels was Graaf van Kent en Graaf van Ulster.London Gazette, uitg. 23119, 25 Mei 1866, p. 3127 Toe Alfred in 1893 die heerser van die twee Duitse hertogdomme Sakse-Koburg en Sakse-Gotha word, het hy sy Britse titels behou. Sy enigste seun, Alfred, het in 1899 selfmoord gepleeg en die titels het ná Alfred se dood in 1900 in onbruik geraak.
Die titel is op 19 November 1947 ’n derde keer herskep, deur koning George VI vir sy skoonseun luitenant Philip Mountbatten toe dié met prinses Elizabeth trou. Elizabeth het daarna HKH prinses Elizabeth, die Hertogin van Edinburg, geword tot met haar troonbestyging in 1952. Die bykomende titels is Graaf van Merioneth en baron Greenwich. Vroeër in 1952 het Philip afstand van sy titel prins van Griekeland en Denemarke gedoen asook van sy aanspraak op die Griekse troon. In 1957 het hy ’n Prins van die Verenigde Koninkryk geword.London Gazette, uitg. 41009, 22 Februarie 1957, p. 1209
Van 2021-2022 het koning Charles III die titel gehad en in 2023 is dit 'n vierde keer herskep, as 'n lewenslange titel, vir prins Edward.
Hertoë van Edinburg Eerste skepping, 1726
| Frederick, Prins van WallisHuis van Hannover1726–1751ook: Markies van die Eiland Ely, Graaf van Eltham, burggraaf Launceston, baron Snowdon (1726–1729);Prins van Wallis (1729), Heretog van Cornwall (1337), Hertog van Rothesay (1398) | 100px|Prins Frederick | 1 Februarie 1707Hannoverseun van koning George II en koningin Caroline | Prinses Augusta van Sakse-Gotha17 April 17369 kinders | 31 Maart 1751Londenop 44 |- | Prins GeorgeHuis van Hannover1751–1760ook: Markies van die Eiland Ely, Graaf van Eltham, burggraaf Launceston, baron Snowdon (1751–1760);Prins van Wallis (1751), Hertog van Cornwall (1337), Hertog van Rothesay (1398) | 100px|Prins George | 4 Junie 1738Londenseun van prins Frederick en prinses Augusta van Sakse-Gotha | Charlotte van Mecklenburg-Strelitz8 September 176115 kinders | 29 Januarie 1820Windsor-kasteel, Windsorop 81
Tweede skepping, 1866
| Prins AlfredHuis van Sakse-Koburg en Gotha1866–1900ook: Graaf van Kent en Graaf van Ulster (1844) | 100px|Prins Edward | 6 Augustus 1844Windsorseun van koningin Victoria en prins Albert | Groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland23 Januarie 18746 kinders | 30 Julie 1900Koburgop 55 |- | colspan=5|Prins Alfred het twee seuns gehad, wat albei voor hom dood is; al sy titels het in onbruik geraak ná sy dood.
Derde skepping, 1947
| Prins PhilipHuis van Glücksburg1947–2021ook: Graaf van Merioneth en baron Greenwich (1947) | 100px|Prins Philip | 10 Junie 1921Korfoeseun van prins Andrew van Griekeland en Denemarke en prinses Alice van Battenberg | Koningin Elizabeth II20 November 19474 kinders | 9 April 2021 |- | Prins CharlesHuis van Windsor2021–2022ook: Prins van Wallis en graaf van Chester (1958), hertog van Cornwall, hertog van Rothesay, graaf van Merioneth en baron Greenwich (1952) | 100px|Prins Charles | 14 November 1948Buckingham-paleis, Londenseun van Prins Philip en Elizabeth II | Diana Spencer29 Julie 1981 – 28 Augustus 19962 kindersCamilla Parker Bowles9 April 2005
Vierde skepping, 2023
| Prins EdwardHuis van Windsor2023-tansvoorheen: Graaf van Wessex | 100px|Prins Edward | 10 Maart 1964Buckingham-paleis, Londenseun van Prins Philip en Elizabeth II | Sophie, Hertogin van Edinburg20 Januarie 19652 kinders
Verwysings
Kategorie:Britse adel