Calabasas is 'n nedersetting in die noorde van die distrik Los Angeles County, Kalifornië, Verenigde State, geleë in 'n heuwelgebied wes van die San Fernando-vallei en in die voetheuwels van die noordwestelike Santa Monica-berge, tussen Woodland Hills, Los Angeles; Agoura Hills; West Hills, Los Angeles; Hidden Hills en Malibu. Die stad is in 1991 formeel geïnkorporeer. Volgens die Sensus van 2010 is sy bevolking as 23 058 bepaal. In 2016 is dit beraam op 24 176.

duimnael|links|Fonteine in die winkelsentrum The Commons Calabasas word danksy sy ligging in 'n landskap met golwende heuwels, watervalle en eikebome, 'n vooruitstrewende ekonomie, veilige woonbuurte, uitstekende skole, gesofistikeerde winkelsentrums en gesonde leefstyl onder die Verenigde State se tien leefbaarste nedersettings gereken. Gedurende die 1920's, toe motors en nuwe paaie ook afgeleë streke toeganklik gemaak het vir Angelenos, het die gebied die belangstelling van welvarendes uit Hollywood begin wek - as toneel vir rolprente, rusplek langs die pad, en as ontspanningsoord waar rolprentsterre en bestuurders van rolprentateljees gedurende die somermaande plaashuise gehuur het.grantland.com: Welcome to Calabasas: Home of Drake and the Kardashians, and Cradle of Reality-TV Culture. Besoek op 15 Mei 2018

Die kunshandelaar William Lingenbrink, 'n groot bewonderaar van moderne boukuns, en sy vennoot C. Henry Taylor het hier in 1931 met Park Moderne 'n klein Boheemse kunstenaarskolonie gestig waar skilders en beeldhouers werke vir Lingenbrink se kunsgalery in Los Angeles in 'n natuurlike en aantreklike omgewing kon skep. 'n Groeiende bevolking, vir wie nuwe eiendomsprojekte verwesenlik is, het in die 1960's die doodsklok vir die klein kolonie gelui.

Die Leonis Adobe, 'n historiese privaat woning in die historiese middestad van Calabasas wat deur Miguel Leonis, 'n Baskiese immigrant en welvarende plaaseienaar na wie as die "Koning van Calabasas" verwys is, van ongebakte kleistene (adobe-blokke) gebou is, dateer van 1844 en is een van die oudste bewaarde geboue in Groter Los Angeles. Dit word amptelik gelys as L.A. Historical Cultural Monument Number One.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalifornië