Die Tipe IX duikboot was 'n klas duikboot wat die Duitse Vloot ontwerp en gebruik het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie klas was ontwerp in 1935-36 met die doel om oor die oseane te vaar en Amerikaanse gebiedswater te bereik. Hulle het 'n togafstand van 19,313 km gehad. Die duikbote het 23 torpedo's gedra wat hulle formidabele slaankrag gegee het. Die tweede subklas IXB was die mees suksesvolste klas in Duitse U-boot geskiedenis. Hulle het 252 skepe met 'n tonnemaat van 1,551,006 ton gekelder. Die U-123, 'n IX boot, het in Desember 1942 deelgeneem aan Operasie Drumbeat waarin vyf duikbote nege skepe gekelder het langs die ooskus van Amerika. Die duikbote het vir 'n maand in die gebied gebly en brandstof ontvang van 'n tenker duikboot naby die kus van Bermuda.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die tipe IX duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 1,034 metrieke ton Verplasing (onderwater) 1,018 metrieke ton Lengte 76,50m Breedte 6,70 m Aandrywing (oppervlak) 3,281 kW diesel Aandrywing (onderwater) 745,7 kW elektries Spoed (oppervlak) 18,5 knope Spoed (onderwater) 7.5 knope Bemanning 48 - 56 persone Wapens 6 x 533 mm torpedo buise 22 torpedos of 44 seemyne 10,5 cm kanon op dek
Bron THE ILLUSTRATED ENCYCLOPEDIA OF DESTROYERS FRIGATES & SUBMARINES, Bernard Ireland and John Parker, 2015,
Kategorie:Duikbote