Die Harige geel kluisenaarskrap (Aniculus maximus) is 'n kluisenaarskrap en kom wydverspreid in die Stille- en Indiese oseane voor. In die Indiese Oseaan kom dit aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal voor.

Die krap word tot 100 mm lank; dit is 'n groot, kleurvolle krap met 'n kenmerkende harige voorkoms. Dit is bedek met kolle lang, geelgroen hare. Die lyf en ledemate is oranje en geel-groen gestreep. Die knypers is ewe groot en die oë staan op steeltjies met 'n swart streep deur die middel.

Die seedier word gevind in die tussengetysone en koraal- en rotsriwwe tot op 'n diepte van 35 m. Hulle is karnivore en aasdiere. Die spesie is seldsaam.

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa, deur Dennis King & Valda Fraser, Struik Nature, 2014.

Verwysings

Eksterne skakel http://www.sealifebase.org/summary/Aniculus-maximus.html

Kategorie:Tienpotiges