Die Levuburivier of LevuvhuOlifants River now called Lepelle (Tsonga: Rivubye; Venda: Luvuvhu) is geleë in die noorde van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit vloei vir ongeveer 200 km deur 'n verskeidenheid van landskappe voordat dit by die Limpoprivier in die koorsboombos naby Pafuri in die Krugerwildtuin aansluit.Latava and Luvuvhu River River Systems 2001 , State of Rivers Report, WRC report no: TT 165/01, Water Research Commission, Pretoria, duimnael|links|Die Levuburivier by Makuleke / Pafuri duimnael|links|'n Olifanttrop steek die rivier oor

Sytakke Sommige van sy sytakke, soos die Mutshindudirivier en die Mutalerivier ontspring in die Soutpansberge. Die sytakke in die Krugerwildtuin is die Matukwane, Madziringwe, Mashikiri en voorgenoemde Mutale.

Opvanggebied Die opvanggebied van die Levubu word op 4 826 km2 bereken.http://www.fao.org/3/y5744e/y5744e07.htm

Damme Albasinidam Mambedidam Tshakhumadam Damanidam Nandonidam, voorheen bekend as die Mutotidam, in die middelste gedeelte van die Luvuburivier oos van die sameloop met die Dzindiriviersytak en oos van die dorp Thohoyandou Vondodam in die Mutshindudirivier, 'n sytak Phiphididam in die Mutshindudi

Dierelewe 'n Zambezihaai (Carcharhinus leucas) is by die samevloeiing van die Limpopo- en Luvuburiviere gevang in Julie 1950. Zambezihaaie verdra vars water en kan ver opswem in groot riviere soos die Limpopo.Pienaar, U. de V., The Freshwater Fishes of the Kruger National Park, Koedoe Vol 11, No 1 (1968)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Limpoporiviersytakke Kategorie:Krugerwildtuin