Die Austronesiese volke is verskeie etniese groepe in Suidoos-Asië, Oseanië en Oos-Afrika wie se tale behoort tot die Austronesiese taalfamilie. Hulle sluit in boorlinge van Taiwan; die meeste van die etniese groepe van die Filippyne, Maleisië, Oos-Timor, Indonesië, Broenei, Kokoseilande, Madagaskar, Mikronesië en Polinesië; asook groepe van Singapoer, Nieu-Seeland (Maori), Hawaii en Melanesië. Kleiner groepe kom ook in vele ander lande voor. Al dié volke kan verbind word met die Austronesiese taalfamilie. Die gebiede wat hulle bewoon, word saam Austronesië genoem.

Voorgeskiedenis en geskiedenis duimnael|links|180px|’n Jong Maori-man van Nieu-Seeland tree in ’n kapa haka-groep op.

Argeologiese bewyse dui op ’n tegnologiese verbintenis tussen die landboukulture van die suide (Suidoos-Asië en Melanesië) en die eerste terreine van die vasteland van China wat bekend was. ’n Kombinasie van argeologiese en linguistiese getuienis is al vertolk as ’n bewys van die teorie dat die taalfamilie in die noorde (die Suid-Chinese vasteland en Taiwan) ontstaan het.

Dit is teoreties moontlik dat Austronesiessprekende volke duisend jaar voor die suidelike uitbreiding van die Han-dinastie en Viëtnam teen die kus van Suid-China af beweeg het, verby Taiwan tot so ver as die (Golf van Tonkin). Mettertyd het die verspreiding van ander taalgroepe soos die Austro-Asiatiese en Chinees-Tibettaanse groepe gelei tot die samesmelting van al die proto-Austronesiessprekende bevolkings wat op die vasteland gebly het.

In ’n onlangse behandeling is alle Austronesiese tale in 10 subfamilies ingedeel, met alle tale buite Taiwan in een groep en die ander nege groepe wat net in Taiwan bekend is. Daar word geredeneer dat dié patrone die beste verduidelik kan word aan die hand van die verspreiding van ’n landbouvolk uit Taiwan na Suidoos-Asië en Melanesië, en eindelik na die verre Stille Oseaan. Hoewel dié model, wat die "sneltrein na Polinesië" genoem word, rofweg in ooreenstemming is met beskikbare data, is kommer ook daaroor geopper.

Alternatiewe modelle stel voor die Austronesiese tale het in Melanesië of Suidoos-Asië ontstaan.

Verwysings

Eksterne skakels

Books, some online, on Austronesian subjects by the * [http://www.britannica.com/EBchecked/topic/44563/Encyclopedia Encyclopædia Britannica: Austronesian Languages 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Inheemse volke Kategorie:Etniese groepe in Oseanië