Juscelino Kubitschek de Oliveira (Portugese uitspraak: [ʒuseˈlinu kubiˈtʃɛk dʒi oliˈvejɾɐ]; * 12 September 1902, † 22 Augustus 1976), in Brasilië dikwels kort JK genoem,Brown University Library | Center for Digital Scholarship: Brazil - Five Centuries of Change: Juscelino Kubitschek. Besoek op 11 April 2018 was 'n leidende Brasiliaanse politikus wat tussen 1956 en 1961 die amp van 21ste president beklee het. Sy ampstermyn het saamgeval met 'n fase van ekonomiese welvaart en politieke stabiliteit. Kubitschek, wat 'n akademiese opleiding as geneeskundige gevolg het, het daarnaas bekendheid verwerf vir die grootste bouprojek ooit - die stigting van 'n nuwe futuristiese hoofstad diep in die Brasiliaanse binneland, Brasília. duimnael|links|As standbeeld waak JK oor die nuwe Brasiliaanse hoofstad wat danksy sy inisiatief ontstaan het duimnael|links|Juscelino Kubitschek het sy laaste rusplek in die kripte van die monument gevind wat vir hom in Brasilia opgerig is Die ongekende ekonomiese opswaai en industrialisering, wat met Amerikaanse en Europese kapitaal gefinansieer is, het egter met 'n relatief hoë inflasiesyfer en groeiende staatskuld gepaard gegaan, terwyl die kloof tussen arm en ryk nie verklein kon word nie. So het Kubitschek nie daarin geslaag om vir 'n tweede ampstermyn herverkies te word nie. In 1976 het hy in padongeluk gesterf.
As staatshoof het Kubitschek strategiese en ekonomiese langtermynbeplanning as die grootste uitdaging beskou en ambisieuse doelwitte vir Brasilië se toekoms bepaal. Deur baie van sy landgenote word hy as die "vader van moderne Brasilië" beskou. Hy geniet steeds groot verering en word onthou as een van die mees suksesvolle en vooruitsiende leiers wat die land ooit gehad het.
Verwysings
Kategorie:Presidente van Brasilië Kategorie:Geboortes in 1902 Kategorie:Sterftes in 1976