duimnael|200px|Stavudien se chemiese struktuurBlou=stikstofRooi=suurstofSwart=koolstof en koolstofbindingsWit=waterstof

Stavudien (algemeen bekend as d4T, chemies 2′,3′-didehidro-2′,3′-dideoksitimidien) behoort tot die klas teenretrovirale middels bekend as nukleosied trutranskriptase remmers (NRTI), wat die ensiem trutranskriptase blokkeer, 'n ensiem wat onmisbaar is vir virusvoortplanting.

Gebruike Stavudien word gebruik as deel van 'n hoogs-aktiewe antiretrovirale terapie (HAART) vir die behandeling van MIV tipe 1 of 2. Dit kan ook gebruik word vir HIV-voorkoming na 'n naaldprikbesering of ander potensiële blootstelling. Dit is egter nie 'n eerstelynbehandeling nie.

Volwassenes behoort 'n dosis van 30 mg tweekeer daagliks per mond te neem.

Geskiedenis en koste Stavudine is eerste keer in 1966 beskryf en in 1994 in die Verenigde State goedgekeur. Dit is beskikbaar as 'n generiese medikasie. Die groothandelskoste in die ontwikkelende wêreld is 1,86 tot 5,40 VSD per maand. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan dat die gebruik daarvan verminder word weens newe-effekte.

Newe-efekte Algemene newe-effekte sluit in hoofpyn, diarree, braking, uitslag, en perifere senuweeprobleme. Erge newe-effekte sluit in hoë bloedlaktaat, pankreatitis, en 'n vergrote lewer. Dit word gewoonlik nie aanbeveel tydens swangerskap nie.

Farmakokinetika Absorpsie Stavudien toon vinnige absorpsie en goeie orale biobeskikbaarheid (F=0.86).

Verspreiding Stavudien bind nie aan proteïene in die bloed nie.

Metabolisme Die uitskeiding van stavudien word minimaal beïnvloed deur lewermetabolisme. Oksidasie en glukuronidasie produseer 'n paar metaboliete.

Stavudien word meestal in die uriene uitgeskei, meestal in onveranderde vorm.

Verwysings

Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Nukleosied trutranskriptase remmers Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys