Sesfontein is 'n nedersetting in die Kunene-Streek van Namibië, geleë van die plaaslike hoofdorp Opuwo. Dit is die hoofsetel van die Sesfontein-kiesafdeling. Dit het 'n bevolking van 7 358. Sesfontein ontleen sy naam van die ses fonteine wat hul bron in die omgewing het. Die nedersetting het 'n kliniek.
Die mees bekende landmerk van Sesfontein is Fort Sesfontein, opgerig in 1896 as 'n polisiebuitepos deur die Schutztruppe soldate van die Duitse Keiserryk. Dit is in 1914 verlate gelaat, en het gou daarna verval. In 1984 is dit oorweeg as 'n voornemende Nasionale Monument, maar in 1989 is besluit om nie voort te gaan daarmee nie. Die fort is in die 1990's herbou, en is nou toegerus om toeriste te akkommodeer. Die palmbome is by die fort geplant deur die Duitse polisiebeamptes wat die fort beman het, om wapensmokkel en olifant- en renoster-stropery te bestry.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Namibië