thumbnail|links|Andriantsitakatrandriana het die rysvelde in sy gebied laat aanlê.

Andriantsitakatrandriana was van omstreeks 1630 tot 1650 koning van die Koninkryk Imerina op Madagaskar. Hy het die troon bestyg ná die dood van sy pa, Andrianjaka. Hy het twee vroue gehad: die eerste een, Ravololontsimitovy, was die ma van sy oudste seun en opvolger, Andriantsimitoviaminandriandehibe, en die tweede een van sy jongste seun, Andriamanjakatokana., p. 521 Tydens sy bewind het hy volgens oorlewering sy tweede vrou en haar seun om onbekende redes uit sy gebied verdryf en dyke laat bou om die Betsimitatatra-moerasse om Antananarivo in uitgestrekte ryslande te omskep om die plaaslike bevolking te voed.

Bewind Andriantsitakatrandriana se belangrikste prestasie was om die groot Betsimitatatra-moerasse om die Analamanga-heuwel in vrugbare ryslande te omskep deur die bou van dyke. Voorheen het daar net biesies en groepies bome gegroei in die vleilande om die hoofstad, Antananarivo, wat sy pa dekades tevore van die Vazimba-volk verower het. Ander monarge ná hom sou sy werk uitbrei en die hele Betsimitatatra mettertyd in ’n groot netwerk ryslande omskep., p. 522

Andriantsitakatrandriana is omstreeks 1650 dood en is in die Fitomiandalana-graftombes by die Rova van Antananarivo begrawe. Hy is deur sy oudste seun, Andriantsimitoviaminandriandehibe, opgevolg.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Monarge van Madagaskar