Big Bend is 'n dorp in die ooste van Eswatini, geleë langs die Lusutfurivier. Die streek se belangrikste bedryf is suikerrietplantasies.

Skole Die Edu-care Sentrum is 'n kleuterskool wat voorsiening maak vir Swazi's en buitelandse kinders. Ubombo Primêre Skool en Sisekelo Hoërskool is beide in Big Bend geleë. Hulle is in die laat 1970's gestig en het 'n hoë vlak van onderrig en uitnemendheid in die koninkryk daargestel, wat die weg gebaan het vir ander skole om te volg.

Eksterne skakels Die Edu-care-sentrum, Big Bend, Eswatini

Kategorie:Nedersettings in Eswatini