Hery Martial Rajaonarimampianina Rakotoarimanana (geb. 6 November 1958) is ’n Malgassiese politikus wat tussen 2014 en 2018 as president van die land gedien het. Hy was voorheen minister van finansies onder president Andry Rajoelina.
Hy was die Rajoelina- politieke beweging se kandidaat in die algemene verkiesing van 2013 en het die stemme in die tweede ronde gewen toe hy Jean-Louis Robinson, die kandidaat van Marc Ravalomanana se party, uitstof.
Rajaonarimampianina hou die rekord van die wêreld se staatshoof met die langste volle naam (45 karakters) sowel as van (19 karakters).
Op 26 Mei 2015 het die parlement van Madagaskar gestem om die president uit sy amp te ontslaan weens "beweerde grondwetlike oortredings en algemene onbevoegdheid". Die konstitusionele hof het nie die mosie toegelaat nie op grond daarvan dat die beskuldigings ongegrond en dus ontoelaatbaar was.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Presidente van Madagaskar