Anthony Robert "Tony" Kushner (gebore 16 Julie 1956) is 'n Amerikaanse dramaturg en draaiboekskrywer.

Hy ontvang die Pulitzerprys vir Drama in 1993 vir sy toneelstuk Angels in America. Hy het die draaiboek vir die 2005 rolprent Munich saam met Eric Roth geskryf, en het alleen ook die draaiboek vir Lincoln (2012) geskryf.

Kushner het in 2013 die National Medal of Arts van President Barack Obama ontvang.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse dramaturge Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1956