Patricia Olive "Pat" Kavanagh (31 Januarie 1940 – 20 Oktober 2008) was 'n Suid-Afrikaans-gebore literêre agent wat gewerk het in die Verenigde Koninkryk. Sy is in Durban gebore.
Kavanagh was die eggenote en literêre agent van die skrywer Julian Barnes. Gedurende die 1980s het sy Barnes verlaat vir 'n verhouding met die skrywer Jeanette Winterson. Winterson se roman The Passion (1987) is klaarblyklik 'n literêre vertelling van hierdie verhouding en sy omstandighede. Kavanagh en Barnes is egter weer mettertyd vereenselwig in hulle huwelik.
Sy is op 68-jarige ouderdom oorlede aan 'n breingewas.
Eksterne skakels
Kategorie:Britse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Sterftes in 2008