Ayelet Shaked, Hebreeus: איילת שקד , gebore as Ayelet Ben Shaul (gebore op 7 Mei 1976 in Tel Aviv), is 'n Israelse politikus wat 'n lid was van Die Joodse Huis (HaBayit HaYehudi), 'n Israelse politieke party. Sy is sedert Desember 2018 'n lid van die Nuwe Regs,Nuwe Regs vorm nie deel van die nuuste (21ste) Knesset nie. 'n afsplitsing van Die Joodse Huis.

Tydens haar militêre diensplig het sy in die Golani Brigade gedien.

Sy het elektroniese ingenieurswese en rekenaarwetenskap aan die Tel Aviv-universiteit studeer en by Texas Instruments in Tel Aviv gewerk.

Van 2006 tot 2008 was sy die direkteur van Likoed-leier Benjamin Netanyahu se kantoor.

In 2010 het sy saam met Naftali Bennett die regs-sionistiese buiteparlementêre beweging bekend as My Israel (Yisra'el Sheli) gestig.

In 2012 het sy die Likoed-party verlaat en by Die Joodse Huis-party aangesluit (sedert 2012 gelei deur Naftali Bennett).

Vanaf 2013 is sy 'n lid van die Knesset (met 'n onderbreking in 2019) en van 2015 tot 2019 was sy ook minister van Justisie in die Netanyahu IV-kabinet. Vanaf 13 Junie is sy minister van Binnelandse Sake in die Bennett-Lapid-kabinet.

Ayelet Shaked is getroud en het twee kinders.

Verwysings

Bronne Ayelet Shaked, webwerf van die Knesset.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Aktiviste Kategorie:Ingenieurs Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Ministers van Justisie Kategorie:Sersante