Seychellekreools (kreol of seselwa) is 'n Frans-gebaseerde Kreools wat deur sowat 80 200 mense op die eilandnasie Seychelle gepraat word. Dit vorm saam met Engels en Frans die amptelike tale van die Seychelle-eilande. Die teks van die Seychelle-eilande se volkslied, Koste Seselwa, is in Seychellekreools. Seychellekreools is nou verwant aan die kreooltale van Mauritius (Morisyen) en Réunion (Réunionnais), maar net Seychellekreools geniet ampstaalstatus.

Seychellekreools word deur 80 200 mense gepraat, sowat 95% van die Seychelle se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Fransgebaseerde pidgin- of kreooltale Kategorie:Tale van die Seychelle