Seretse Khama Ian Khama (Ian a Serêtsê; 27 Februarie 1953 –) "True to tradition, Khama is born to rule Botswana", Sapa-AFP (Pretoria News), 1 April 2008. is 'n Tswana-politikus wat tussen 2008 en 2018 as President van Botswana gedien het.
duimnael|links|Ian Khama saam met die Chileense president Michelle Bachelet in 2017 duimnael|links|Khama tydens die Londense konferensie oor onwettige wildhandel Nadat hy as bevelvoerder van die Botswana Verdedigingsmag gedien het, het hy tot die politiek toegetree, vanaf 1998 tot 2008 as Adjunkpresident van Botswana gedien en aansluitend op 1 April 2008 Festus Mogae as President opgevolg.
Hy het 'n volle termyn in die 2009-verkiesing gewen en is in Oktober 2014 herverkies. Na tien jaar in amp het Ian Khama op 1 April 2018 self bedank en is deur adjunkpresident Mokgweetsi Masisi opgevolg.
In Oktober 2019 is Masisi as Botswana se president herkies, nadat die Botswana Democratic Party sy grootste bedreiging van eenheid in meer as vyf dekades beleef het, aangesien Masisi se voorganger, Ian Khama, by die opposisie aangesluit en Masisi van outoritarisme beskuldig het. Khama is voorheen tydens Masisi se eerste toespraak aan die nasie skerp aangeval.
In April 2022 is Ian Khama gedagvaar om voor die hof in Botswana te verskyn. Die voormalige staatshoof word onder meer van die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla. Die saak dateer terug na 2016. justice/ Africannews.
Persoonlike lewe Ian Khama is die eersgebore seun en tweede kind van Sir Seretse Khama (1 Julie 1921 – 13 Julie 1980), wat die land se voorste onafhanklikheidsleier en President vanaf 1966 tot 1980 was, en Lady Khama. Hy is in Chertsey, Surrey, gebore, gedurende die tydperk waarin sy pa verban is na die Verenigde Koninkryk as gevolg van teenstand deur die koloniale regering en die opkomende apartheidsregime in Suid-Afrika teen sy huwelik met 'n wit vrou.
Hy is ook die kleinseun van Sekgoma II (1869–1925), wat die opperhoof van die Bamangwato-volk was, en die agterkleinseun van Khama III (1837–1923), hul koning; en die agteragterkleinseun Kgosikgolo Sekgoma I, die hoof van die Bamangwato-volk (1815–1885). Die naam "Seretse" beteken "die klei wat saambind", en is aan sy pa gegee om die onlangse versoening van sy pa en oupa te vier; hierdie versoening verseker Seretse Khama se opvolging op die troon toe sy oupa in 1925 oorlede is. Seretse Khama Ian Khama is na sy vader genoem om hierdie historiese nalatenskap voort te sit. Hy is ook net as Ian Khama bekend om tussen homself en sy vader te onderskei. Tshekedi Khama II, Ian Khama se broer, is na hul groot oom, Tshekedi Khama, genoem wat die regent en voog was van Seretse Khama, die eerste President van Botswana.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Botswana Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense