Dr. Johannes Theodorus van der Kemp (17 Mei 1747 – 15 Desember 1811) was 'n militêre offisier, dokter en 'n Nederlandse sendeling van die Londense Sendinggenootskap. Hy is in 1747 in Rotterdam gebore. Hy begin sy loopbaan in die leër as 'n luitenant van die Dragonders maar bedank in 1780 en verhuis na Engeland. Nadat hy 'n groot verlies in sy gesin gely het, kom hy tot bekering en word hy in 1799 na die Kaap gestuur as 'n werker van die Londense Sendinggenootskap. Hy probeer homself sonder sukses in die Xhosagebied vestig en stig 'n stasie naby Port Elizabeth, genoem Bethelsdorp. Uit 'n godsdienstige beginsel is hy met 'n Hottentotvrou getroud. Hy is op 15 Desember 1811 oorlede.
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika Werner Raupp: Kemp, Johannes Theodorus van der (Vanderkemp), in: Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon, band 3, Herzberg: Bautz 1992 (), kol. 1334–1340 (met gedetaileerde bibliografie).
Kategorie:Nederlandse militariste Kategorie:Nederlandse sendelinge Kategorie:Geneeskundiges Kategorie:Geboortes in 1747 Kategorie:Sterftes in 1811