Comoraans (Shikomori of Shimasiwa, letterlik: "taal van die eilande") is 'n Bantoetaal wat deur sowat 922 000 mense op die eilandnasie Comore-eilande in die Indiese Oseaan gepraat word. Dit vorm saam met Arabies en Frans die amptelike tale van die Comore-eilande. Die teks van die Comore-eilande se volkslied, Udzima wa ya Masiwa, is in Comoraans.
Comoraans word met die Latynse alfabet of die Arabiese alfabet geskrewe. Comoraans is nou verwant aan Swahili, die ampstaal van die Oos-Afrikaanse lande Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda.
Elke eiland van die Comore-eilande het sy eie dialek: Grande Comore – Ngazidja, sowat 396 000 sprekers Anjouan – Ndzwani, sowat 348 000 sprekers Mayotte – Maore, sowat 136 500 sprekers Mohéli – Mwali, sowat 41 500 sprekers
In teenstelling met die Comore-eilande word Comoraans in die Franse oorsese gebied Mayotte, wat deur die Comore-eilande opgeëis word, nie as 'n amptelike taal erken nie. Daarbenewens word Comoraans op Madagaskar en Réunion gepraat.
Verwysings
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van die Comore-eilande Kategorie:Mayotte