duimnael|180px|’n Bladsy uit die Qinding Gujin Tushu Jicheng, die grootste leishu wat ooit gedruk is.
Leishu (Chinees: 類書, "kategorieboeke") is ’n genre verwysingsboeke wat histories in China en omliggende lande saamgestel is. Die term word gewoonlik as "ensiklopedie" vertaal, hoewel dit grootliks verskil van die moderne betekenis van ’n ensiklopedie.
Oorsig Die leishu bestaan soms uit lang aanhalings uit ander werke, en bevat dikwels kopieë van volledige werke, nie net uittreksels nie. Die werke word geklassifiseer volgens ’n stelselmatige stel kategorieë, wat weer in subkategorieë verdeel word. Leishu kan beskou word as bloemlesings, maar hulle is ensiklopedies in die sin dat hulle die hele omvang van kennis met die tyd van samestelling dek.
Sowat 600 leishu is saamgestel van die vroeë 3de eeu tot met die 18de eeu, waarvan 200 bewaar gebly het. Die grootste een was die Yongle Dadian van 1408 wat 370 miljoen Chinese karakters bevat het. Die grootste een wat ooit gedruk is, is die Gujin Tushu Jicheng, met 100 miljoen karakters op 852 408 bladsye.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geskiedenis van China Kategorie:Chinese ensiklopedieë Kategorie:Chinese letterkunde