Reginald Stephan Garfield Todd (13 Julie 1908 – 13 Oktober 2002) was 'n eerste minister van Suid-Rhodesië. Hy is op 13 Julie 1908 in Invercargill, Nieu-Seeland, gebore. Hy ontvang sy opleiding aan die Universiteit van Otago, die Universiteit van die Witwatersrand en ook aan die Butler-universiteit in die Verenigde State. In 1934 vestig hy hom in Rhodesië as superintendent van die Dadaya-sending. In 1946 word hy tot die parlement verkies en was eerste minister van Suid-Rhodesië van 1953 tot 1958. Na sy aftrede word hy leier van die Central Africa Party. Hy is op 13 Oktober 2002 in Bulawayo, Zimbabwe, oorlede.

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Kategorie:Rhodesiese politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 2002