duimnael|links|upright|Die Jan van Riebeeck-standbeeld in Kaapstad John Tweed (1869 – 1933) was 'n Skotse beeldhouer en is in 1869 in Glasgow gebore. Sy beroemde beeld van Jan van Riebeeck (Jan van Riebeeck-standbeeld) is in 1900 aan die onderpunt van Adderleystraat in Kaapstad opgerig as 'n geskenk van Cecil John Rhodes. Later het Tweed die beeld van Rhodes in Bulawayo geskep, asook ander van hom in Salisbury en Mafeking. Hy was ook die skepper van die beeld van Alfred Beit in Salisbury.

Bron Langham-Carter, R.R.: John Tweed. Sculptor-in-ordinary to South Africa. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuuur. Jaargang 28, nr. 3, Augustus 1979 Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Eksterne skakels

Kategorie:Britse beeldhouers Kategorie:Skotse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1869 Kategorie:Sterftes in 1933