Nicholas "Nick" Sloane (gebore 5 Julie 1961 in Kitwe, Zambië) is 'n kenner op die gebied van berging van skeepswrakke.
Hy het in besonder bekendheid verwerf vir sy bestuur van die berging van die wrak van die Italiaanse plesierboot Costa Concordia in September 2013. Die skip het 'n jaar vantevore 'n rotsrif getref, en het kort daarna op die eiland Giglio gekantel en was uiteindelik vir 20 maande gestrand.Nick Sloane – Der Held, NZZ Online, 17 September 2013 Die bergingsproses het in middel 2012 begin nadat die brandstof en olie verwyder is. Na meer as 'n jaar se voorbereiding is die skip uiteindelik regop gebring, waarna dit na Genua se skeepwerf geneem is vir uiteindelike aftakeling.
In 2015 het Sloane die Duitse seeprys verwerf.
Verwysings
Eksterne skakels Captain Nicholas Sloane op sloanemarine.com
Kategorie:Suid-Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense