Yongle (Wade-Giles: Yung-lo, ook gespel Joeng-le; 2 Mei 1360 – 12 Augustus 1424) was die derde keiser van die Ming-dinastie in China; hy het van 1402 tot 1424 regeer. Sy persoonlike naam was Zhu Di (Wade-Giles: Chu Ti).

Opkoms Zhu Di was die vierde oudste seun van keiser Hongwu, die stigter van die Ming-dinastie. Hy was aanvanklik die Prins van Yan,Chan Hok-lam. "Legitimating Usurpation: Historical Revisions under the Ming Yongle Emperor (r. 14021424)". The Legitimation of New Orders: Case Studies in World History. Chinese University Press, 2007. . Besoek op 12 Oktober 2012. met Beiping (nou Beijing) as die hoofstad van sy prinsdom. Te midde van die voortdurende stryd teen die Mongole van die Noordelike Yuan-dinastie het Zhu Di sy eie mag gekonsolideer en sy teenstanders uit die weg geruim.

Hy het aanvanklik sy pa se aanstelling van sy oudste broer, Zhu Biao, en daarna dié se seun Jianwen as kroonprins aanvaar, maar toe Jianwen keiser word en begin om sy magtige ooms tereg te stel en hul range te verlaag, het Zhu Di ’n dekmantel gevind om in ’n rebellie teen sy broerskind in opstand te kom. Hy het grootliks met die hulp van eunugs wat sleg behandel is onder Hongwu en Jianwen, wat albei ten gunste van die Confuciaanse geleerde-burokrate was,Crawford, Robert B. "Eunuch Power in the Ming Dynasty". T'oung Pao, 2de reeks, vol. 49, livr. 3 (1961), pp. 115-148. Besoek op 9 Oktober 2012. die aanvanklike aanvalle op sy prinsdom afgeweer en suid opgeruk teen sy broerskind in die keiserlike hoofstad, Nanjing.

In 1402 het hy Jianwen se bewind omvergewerp en Nanjing beset. Hy is daarna tot keiser verklaar en het die naam Yongle aangeneem, wat "ewigdurende geluk" beteken.

Bewind 260px|duimnael|links|Die Changling-graftombe. Yongle was gretig om sy eie stempel af te druk en het Jianwen se bewind nietig verklaar. Hy het ’n groot poging aangewend om rekords oor sy kinderjare en rebellie te vernietig. Dit het ingesluit die wydverspreide verwydering van die Confuciaanse geleerdes in Nanjing. Die probleme in die hoofstad het hom ook aangespoor om Beijing weer die nuwe keiserlike hoofstad te maak.

Hy het die Groot Kanaal herstel en heropen, en tussen 1406 en 1420 toesig gehou oor die herbou van die Verbode Stad. Hy was ook verantwoordelik vir die Porseleintoring van Nanjing, wat as een van die wonders van die wêreld beskou is totdat dit in 1856 deur die Taiping-rebelle verwoes is.

Verder het hy die keiserlike eksamen grootliks uitgebrei en heringestel in die plek van sy pa se gebruik van persoonlike aanbevelings en aanstellings. Hierdie geleerdes het tydens sy bewind die Yongle-ensiklopedie opgestel.

Yongle is dood terwyl hy persoonlik ’n miltêre veldtog teen die Mongole gelei het. Hy is in die Changling-graftombe, die sentrale en grootste mausoleum van die Ming-graftombes noord van Beijing, begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese keisers