Cookeilandse Māori (Māori, Maori Kuki Airani, Māori Kūki 'Āirani) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Cookeilande, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland, vorm. Die teks van die Cookeilande se volkslied, Te Atua Mou E, is in Cookeilandse Māori.
Taalkundiges klassifiseer Cookeilandse Māori as 'n Oos-Polinesiese taal wat nou verwant is aan Māori, een van die amptelike tale van Nieu-Seeland. Dit is ietwat minder verwant aan Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.
Cookeilandse Māori word deur 26 710 mense gepraat. Cookeilandse Māori word soms eenvoudig Māori genoem wanneer dit nie nodig is om van Nieu-Seeland Māori te onderskei nie. 'n Ander bekende naam vir dié taal is Rarotongaans.
Verwysings
Kategorie:Cookeilande Kategorie:Polinesiese tale Kategorie:Tale van Nieu-Seeland