Hieronder volg 'n lys van die amptelike (de jure) FIFA sokker-klubwêreldkampioene.
Kompetisies Interkontinentale Beker
Die Europese/Suid-Amerikaanse Beker, algemeen bekend as die Interkontinentale Beker of Toyota Cup, was 'n sokkerwedstryd wat deur UEFA en CONMEBOL gereël is. Die kompetisie was jaarlikse tussen die wenners van die Europese Champions League en die Suid-Amerikaanse Copa Libertadores gehou.
Die Beker het informeel, tot die eerste FIFA-klubbeker in 2000 gehou was, bekend gestaan as die Wêreldklubkampioenskap. Dit is gespeel deur die verteenwoordigende verenigings van die meeste ontwikkelde vastelande in die sokkerwêreld (veral in daardie jare).
Vanaf 2005 is die Interkontinentale Beker vervang deur die FIFA Klubwêreldbeker (FIFA Club World Cup). Die FIFA Klubwêreldbeker sluit ook die Noord-Amerikaanse, Asiatiese, Afrika en Oseaniese wenners in. In 2017 het FIFA almal erken as klub amptelike wêreldkampioene met dieselfde status as die Wenners van die Klubwêreldbeker dit is FIFA club world champions.FIFA Council approves key organisational elements of the FIFA World Cup - Recognition of all European and South American teams that won the Intercontinental Cup – played between 1960 and 2004 – as club world champions./ www.fifa.comFIFA Club World Cup Qatar 2019™ p. 12 - Die titel is toegeken deur 'n amptelike dokument van die wêreldfederasie, dus is dit wettiglik 'n FIFA-wêreldtitel.
FIFA Klubwêreldbeker Die FIFA Klubwêreldbeker-toernooi is 'n kompetisie waaraan die voorste sokkerklubs van die onderskeie FIFA streeksbeheerliggame of kontinentale liggame deelneem. FIFA organiseer elke jaar die toernooi. Die toernooi ken die wêreldtitel amptelik toe. Dit word gewoonlik betwis tussen die kampioene van elke kontinent en die kampioen van die gasheerland.
FIFA Interkontinentale Beker Die kompetisie, wat in 2024 gebore is, bevat die klubkampioene van die ses konfederasies van FIFA, en word as 'n uitkloptoernooi gespeel met die Europese span wat 'n baai vir die eindstryd ontvang. Die wenners word jaarliks met die titel van Wêreldkampioene toegeken.
Statistieke KlubFederasieTrofeëInterkontinentale BekerKlubWêreldbekerFIFA Interkontinentale Beker Real Madrid93 (1960, 1998, 2002)5 (2014, 2016, 2017, 2018, 2022)1 (2024)A.C. Milan43 (1969, 1989, 1990)1 (2007)Bayern München42 (1976, 2001)2 (2013, 2020)Penarol33 (1961, 1966, 1982)Nacional Montevideo33 (1971, 1980, 1988)Boca Juniors33 (1977, 2000, 2003)São Paulo32 (1992, 1993)1 (2005)Inter Milan32 (1964, 1965)1 (2010)F.C. Barcelona33 (2009, 2011, 2015)Santos22 (1962, 1963)Independiente22 (1973, 1984)Ajax22 (1972, 1995)Juventus22 (1985, 1996)Porto22 (1987, 2004)Manchester United21 (1999)1 (2008)Corinthians22 (2000, 2012)Racing Avellaneda11 (1967)Estudiantes11 (1968)Feyenoord11 (1970)Atletico Madrid11 (1974)Olimpia11 (1979)Flamengo11 (1981)Gremio11 (1983)River Plate11 (1986)Crvena zvezda Joego-Slawië11 (1991)Vélez11 (1994)Borussia Dortmund11 (1997)Internacional11 (2006)Liverpool11 (2019)Chelsea11 (2021)Manchester City11 (2023)
Sien ook Interkontinentale Beker FIFA-Klubwêreldbeker FIFA Interkontinentale Beker
Verwysings
Kategorie:FIFA Kategorie:UEFA Kategorie:CONMEBOL Kategorie:CAF