Hongwu (21 Oktober 1328 – 24 Junie 1398) was die stigter en eerste keiser van die Ming-dinastie in China. Sy persoonlike naam was Zhu Yuanzhang (voorheen Chu Yuan-chang of Tsjoe Joean-tsjang).

In die middel van die 14de eeu is China geteister deur hongersnood, peste en opstande. Zhu Yuanzhang het ’n leër op die been gebring wat China verower en ’n einde aan die Mongoolsbeheerde Yuan-dinastie gebring het. Hy het die Mongole gedwing om na die Sentraal-Asiatiese steppe terug te val en het die Ming-dinastie begin 1368 gestig. Later in die jaar het sy magte die Yuan-hoofstad, Khanbaliq (moderne Beijing), binnegeval.

Hongwu het net sy familie vertrou en het sy talle seuns magtige feodale prinse aan die noordelike vleilande en die Yangtze-vallei gemaak.Chan Hok-lam. "Legitimating Usurpation: Historical Revisions under the Ming Yongle Emperor (r. 14021424)". The Legitimation of New Orders: Case Studies in World History. Chinese University Press, 2007. , 9789629962395. Besoek op 12 Oktober 2012. Hy het sy kleinseun, Jianwen, as sy opvolger aangewys. Jianwen se bewind het nie lank geduur nie, want sy pogings om sy ooms in toom te hou het daartoe gelei dat een van hulle, Yongle, die bewind oorgeneem het.The Legitimation of New Orders: Case Studies in World History. Chinese University Press, 2007. , 9789629962395. Besoek op 12 Oktober 2012.

Die meeste van die historiese terreine wat met Hongwu verband hou, is in Nanjing, die oorspronklike hoofstad van die Ming-dinastie.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese keisers