duimnael|links|Tokelau se grondwet in Tokelauaans Tokelauaans (fakatokelau) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Tokelau, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland, vorm. Die teks van Tokelau se volkslied, Te Atua o Tokelau, is in Tokelauaans.
Taalkundiges klassifiseer Tokelauaans as 'n Wes-Polinesiese taal wat nou verwant is aan Tuvaluaans, een van die amptelike tale van Tuvalu, en albei tale is onderling verstaanbaar. Dit is ietwat minder verwant aan Samoaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Oos-Polinesië, waaronder Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans.
Tokelauaans word deur 3 970 mense gepraat.
Verwysings
Kategorie:Polinesiese tale Kategorie:Tale van Nieu-Seeland Kategorie:Tokelau