Tuvaluaans, in die noordelike dialekte Te Gagana Tuuvalu en in die suidelike dialekte Te Ggana Tuuvalu genoem, is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Tuvalu vorm. Die teks van Tuvalu se volkslied, Tuvalu mo te Atua, is in Tuvaluaans.

Taalkundiges klassifiseer Tuvaluaans as 'n Wes-Polinesiese taal wat nou verwant is aan Tokelauaans, een van die amptelike tale van Tokelau, en albei tale is onderling verstaanbaar. Dit is ietwat minder verwant aan Samoaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Oos-Polinesië, waaronder Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans.

Tuvaluaans word deur 12 510 mense gepraat.

Verwysings

Kategorie:Polinesiese tale Kategorie:Tale van Tuvalu