Willem (Wim) Kok (gebore op 29 September 1938 in Bergambacht; oorlede op 20 Oktober 2018 in Amsterdam) was 'n Nederlandse politikus van die Partij van de Arbeid (PvdA). Hy was vanaf 1994 tot 2002 Eerste Minister van Nederland gewees. In die Lubbers III-kabinet (1989–1994) het hy as Minister van Finansies gedien. Kok was oorspronklik voorsitter van die vakbond FNV (Federatie Nederlandse Vakbeweging) gewees.

Die kabinette Kok het twee Nederlandse kabinette gelei: Kok I-kabinet (1994–1998), 'n samewerking van die PvdA-, VVD- en D66-partye Kok II-kabinet (1998–2002), 'n samewerking van die PvdA-, VVD- en D66-partye

Bronne Parlement & Politiek

Eksterne skakels

Kategorie:Nederlandse adjunk-premiers Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Eerste Ministers van Nederland Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Vakbondleiers Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2018