duimnael|240px|Die verhemelte met die harde uitsteeksel torus palatinus sigbaar.
Die verhemelte is die bokant van die mond by mense en ander soogdiere. Dit skei die mond- van die neusopening. ’n Soortgelyke struktuur word by Krokodilagtiges aangetref, maar in die meeste Viervoetiges is daar nie regtig ’n skeiding tussen die twee openinge nie.
Die verhemelte word in twee dele verdeel, die voorste harde plaat en die agterste sagte plaat.
Een van die funskies van die verhemelte is die vorming van sekere klanke saam met ander dele van die mond, soos velare, palatale, gepalatiseerde medeklinkers en palato-alveolare.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Menslike anatomie Kategorie:Spysverteringstelsel