duimnael|’n Pigmee van Kameroen duimnael|Baka-dansers in Kameroen

’n Pigmee is lid van ’n etniese groep wat buitengewoon kort is; antropoloë definieer die term as lid van enige groep waar die mans se gemiddelde lengte minder as 150 cm is.Encyclopædia Britannica: Pygmy. Britannica.com. Besoek op 2011-10-11. Die term word meestal verbind met volke in Sentraal-Afrika, soos die Aka, Efé en Mbuti.http://www.pygmies.org/#introduction African Pygmies As "pigmee" gedefinieer word as lid van ’n groep waarvan die mans korter as 1,55 m is, is daar ook pigmeë in Australië, Thailand, Maleisië, Indië,The Semang by George Weber. Chapter 35: The Negrito of Malaysia . Indonesië, Filippyne, Papoea-Nieu-Guinee, Bolivia en Brasilië.Darwin's Children. The Economist. 13 Desember 2007

Etimologie Die term pigmee om na kort mense te verwys kom van die Griekse πυγμαῖος pygmaios via Latyn Pygmaei, wat afgelei is van πυγμή, ’n vuis (’n meeteenheid wat ooreenstem met die afstand tussen die elmboog en die kneukels).

Dit word soms as neerhalend beskou. Daar is egter geen enkele term waarmee dit vervang kan word nie.Hewlett, Barry S. "Cultural diversity among African pygmies." In: Cultural Diversity Among Twentieth-Century Foragers . Susan Kent, red. Cambridge, Engeland: Cambridge University Press, 1996. Baie pigmeë verkies om volgens hul etnisiteit geïdentifiseer te word, soos Aka, Baka, Mbuti en Twa.Forest peoples in the central African rain forest: focus on the pygmies. Die term Bayaka, die meervoud van Aka/Yaka, word soms in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gebruik om na alle plaaslike pigmeë te verwys. In Kongolees word Bambenga gebruik.

Oorsprong Verskeie teorieë is al voorgestel om die kort lengte van pigmeë te verduidelik. Volgens sommige studies kan dit ’n aanpassing wees by die min ultravioletligvlakke in die reënwoude. Dit kan meebring dat relatief min vitamien D in die vel vervaardig kan word en dat dit die kalsiumopname uit die dieet vir beengroei beperk.O'Dea, JD. Possible contribution of low ultraviolet light under the rainforest canopy to the small stature of Pygmies and Negritos. Homo: Journal of Comparative Human Biology, Vol. 44, No.3, pp. 284–7, 1994.

Ander verduidelikings sluit in die gebrek aan kos in die reënwoudomgewing, lae kalsiumvlakke in die grond, die behoefte om deur digte woude te beweeg en ’n aanpassing by hitte en humiditeit.Short lives, short size – why are pygmies small? « Not Exactly Rocket Science. Ook die gene wat op groeihormone betrekking het, is al as rede aangegee.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Etniese groepe in Afrika Kategorie:Inheemse volke van Afrika