Georic Lomas is 'n Suid-Afrikaanse akteur en sanger uit Centurion, Gauteng. In 2013 vertolk hy die rol van Morné in die Afrikaanse musiekfilm As jy sing. In 2016 stel hy die enkelsnit "Bazaruto" vry, wat eerste plek in Maroela Media se Afrikaanse Top 20 bereik. Die liedjie is deur die Afrikaanse liedjieskrywer Johan Vorster geskryf en die musiekvideo is in Bazaruto, Mosambiek geskiet.
Uitbeelding Lomas matrikuleer aan die Hoërskool Zwartkop.
Diskografie Albums 2017: Silhoeët 2018: LMG // ICB EP 2021: Elektries EP
Enkelspelers 2019: Wanneer sterre verskiet 2020: Verloor
Filmografie 2013: As jy sing
Verwysings
Eksterne skakels
Onderhoud met Sterre.co.za
Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense