Bakoven is ‘n woonbuurt van Kaapstad. Dit lê aan die weskus van die Kaapse Skiereiland en net suid van Kampsbaai. Bakovenbaai is tussen Kampsbaai en Klein Kogelbaai. Die oorsprong van die naam Bakoven is Nederlands en beteken "bakoond". Dit is moontlik genoem na 'n rots met dié vorm.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Kaapstad