Sizwe Nxasana (gebore 7 Augustus 1957 in Lamontville, KwaZulu-Natal) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman.
Nxasana het by Marianhill in 1976 gematrikuleer. Hy besit 'n B.Com van die Universiteit van Fort Hare en 'n Honneursgraad in Rekeningkundige Wetenskap aan UNISA en was een van die eerste tien swart geoktrooieerde rekenmeesters in Suid-Afrika.
Hy is die voormalige HUB van FirstRand Beperk en Telkom SA Beperk van 1998-2005. Hy het gedien as Nasionale President van Absa-Groep Beperk van 1991 tot 1994. Hy is tans die voorsitter van NSFAS.
Hy is getroud met dr Judy Dlamini en hulle het twee kinders.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Lewende mense