Kol. Francis (Frank) William Rhodes (1850 – 1905) was 'n Britse soldaat en ouer broer van Cecil John Rhodes. Hy is in 1850 in Bishop's Stortford gebore. Hy sluit by die Britse Leër aan. Hy kom na Suid-Afrika voor sy broer, bring 'n tydjie in Kimberley deur, word siek en keer terug na Engeland in 1873. In 1894 tree hy uit die leër en gaan na Rhodesië waar hy as administrateur vir dr. L.S. Jameson werk. Daarna verhuis hy na Johannesburg, raak betrokke by die Reform-beweging en word gevange geneem tydens die Jameson-inval. Hy word ter dood veroordeel, maar word begenadig en gevonnis tot gevangenisstraf en met £2 000 beboet. Hy veg in die Matabele-opstand van 1896. In die Tweede Vryheidsoorlog veg hy groot onderskeiding by Ladysmith, Mafeking en elders. Hy is in 1905 te Kaapstad oorlede.

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Kategorie:Britse joernaliste Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britse politici Kategorie:Rhodesiese politici Kategorie:Kolonels Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1850 Kategorie:Sterftes in 1905