duimnael|Alfred George Robertson Alfred George Robertson (1867 – 1929) was 'n Administrateur van Transvaal. Hy is 1867 in Natal gebore en ontvang opleiding aan Hilton-Kollege. Sy ouers was Alexander Marsh Robertson en Elsie Ballot. Hy begin sy loopbaan met die bestuur van 'n koetsdiens na Barberton. In 1895 vestig hy hom in die distrik Wakkerstroom waar hy 'n vooraanstaande skaapboer word en baanbrekerswerk in verbeterde metodes doen. In 1907 word hy verkies tot die Transvaalse Parlement onder die Kroonkoloniebewind. Hy word lid van die Transvaalse Provinsiale Raad en ná Uniewording word hy die Administrateur van 1917 tot 1924. Hy is in 1929 oorlede.

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1867 Kategorie:Sterftes in 1929