Alfred Ernest William Ramsbottom (1860 – 1922) was die eerste Administrateur van die Oranje-Vrystaat. Hy is op 1 Augustus 1860 in Grahamstad gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding aan Grey-kollege en daarna in Dublin waar hy hom in 1884 in die medisyne bekwaam. Hy vestig hom as 'n geneesheer op Heilbron. Hier raak hy geïnteresseerd in die politiek. Hy word ná die Tweede Vryheidsoorlog aangestel as Koloniale Tesourier onder die Kroonkoloniebewind. Hy word die eerste Administrateur van die O.V.S. na Uniewording en beklee die amp van 1910 tot 1915. Hy is in 1922 oorlede.

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1860 Kategorie:Sterftes in 1922