duimnael|240px|’n Chromosoom 2-paar in ’n man se kariogram. duimnael|240px|Die samesmelting van ons voorouers se chromosome het oorblyfsels van telomere agtergelaat, asook ’n onderdrukte sentromeer.

Chromosoom 2 is een van die 23 paar chromosome in mense. Mense het gewoonlik twee kopieë daarvan. Dit is die tweede grootste menslike chromosoom: Dit bevat meer as 242 miljoen basispare (die boumateriaal van DNS) en maak amper 8% uit van die totale DNS in menslike selle.

Evolusie Al die lede van Hominidae behalwe mense, Neanderdallers en Denisova-hominiene het 24 paar chromosome. Mense het net 23 paar. Die menslike chromosoom 2 is die gevolg van ’n samesmelting van die punte van twee van ons voorouers se chromosome.It has been hypothesized that Human Chromosome 2 is a fusion of two ancestral chromosomes deur Alec MacAndrew. Besoek op 18 Mei 2006.Evidence of Common Ancestry: Human Chromosome 2 (video) 2007

Die getuienis hiervoor sluit in:

Die ooreenkoms van chromosoom 2 met twee aapchromosome. Die mens se naaste verwant, die sjimpansee, se DNS-volgorde is feitlik identies aan dié van die mens se chromosoom 2, maar word in twee aparte chromosome aangetref. Dieselfde is waar by die verder verwante gorilla en orangoetang.Human and Ape Chromosomes ; besoek op 8 September 2007. Die teenwoordigheid van ’n onderdrukte sentromeer. ’n Chromosoom het gewoonlik net een sentromeer, maar in chromosoom 2 is daar oorblyfsels van ’n tweede sentromeer in die q21.3–q22.1-streek. Die teenwoordigheid van onderdrukte telomere. Hulle word gewoonlik net aan die eindpunte van ’n chromosoom aangetref, maar in chromosoom 2 is daar bykomende telomere in die q13-band, ver van een van die chromosome se eindpunte.

Volgens die navorser J.W. IJdo kan afgelei word chromosoom 2 is die oorblyfsel van ’n antieke samesmelting tussen telomere en dui dit die punt aan toe twee vooroueraap-chromosome saamgesmelt en die menslike chromosoom 2 gevorm het.

Verskeie siektes, soos outisme en pulmonêre hipertensie, word met gene op chromosoom 2 verbind.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Gene op chromosoom 2 van Homo sapiens Kategorie:Evolusie Kategorie:Chromosome van Homo sapiens