Kalifornië (Engels: California, [kælɪˈfɔɹnjə], ; Spaans: California, [kaliˈfoɾnja]), amptelik die Deelstaat Kalifornië (State of California), is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,355 miljoen (soos op 1 Julie 2025) en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak (424 000 vierkante kilometer), na Alaska en Texas, asook verreweg die digsbevolkte subnasionale entiteit in Noord-Amerika. Die deelstaat grens in die noorde aan Oregon, in die ooste aan Nevada, in die suidooste aan Arizona en in die suide aan die Meksikaanse deelstaat Baja California (Neder-Kalifornië). Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat. Die hoofstad is Sacramento, terwyl die grootste stad verreweg Los Angeles is.

duimnael|links|Los Angeles, die grootste stedelike nedersetting in Kalifornië, is een van die ekonomies en kultureel magtigste en invloedrykste metropole ter wêreld. In 2001 het die bruto binnelandse produk van Los Angeles County dié van Rusland verbygesteek duimnael|links|Die Oakland-tempel van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. In 1846 het 250 Mormoonse setlaars in Kalifornië aangekom; die San Francisco Bay-gebied is vervolgens merendeels deur Kerklidmate bewoon. Baie van hierdie setlaars het hulle later in Salt Lake City gevestig. Met meer as 'n driekwartmiljoen lidmate is Heiliges tans een van die grootste denominasies in die deelstaat East Bay Times, 29 Oktober 2009: Exhibit in Oakland traces history of the Mormon church in California. Besoek op 4 Augustus 2020 Temple Hill Oakland, CA: History of Oakland Temple. Besoek op 4 Augustus 2020 Die gebied is deur stamme van die Eerste Nasies bewoon toe Europese ontdekkers die gebied in die 16de eeu geleidelik begin verken het. Die Spaanse navigator Juan Rodríguez Cabrillo was die eerste seevaarder wat in 1542 langs die Kaliforniese kus geseil het. Die eerste Spaanse sendingstasie in die gebied van die huidige San Diego is egter eers in 1769 gevestig. Dekades later het Kalifornië met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die juk van kolonialisme afgeskud en deel van die Eerste Meksikaanse Keiserryk geword.

In Junie 1846 het inwoners van die gebied in opstand gekom teen Meksiko en toe die Republiek van Kalifornië uitgeroep. Dié gebeurtenisse het saamgeval met die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog tussen 1846 en 1848, waarin die Meksikane 'n verpletterende neerlaag teen Amerikaanse magte gely het. Volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo is uitgestrekte gebiede in Noord-Meksiko aan die Verenigde State afgestaan. Kalifornië is reeds in 1847 aan Amerikaanse magte onder die bevel van John C. Frémont oorhandig. Op 24 Januarie 1848 het James W. Marshall naby Sutter's Mill goud ontdek. Gedurende die goudstormloop, wat hy ontketen het, het sowat 90 000 setlaars na die gebied gestroom. In 1850 het Kalifornië as 31ste deelstaat by die Verenigde State aangesluit. Kalifornië was sedertdien een van die vernaamste bestemmings vir immigrante. In 1964 het Kalifornië New York verbygesteek om die mees bevolkte Amerikaanse deelstaat te word. In die 20ste en 21ste eeu het Kalifornië veral nuwe aankomelinge uit Asië, Meksiko en die Stille Oseaangebied ontvang.

Kalifornië het 'n hoogsontwikkelde ekonomie en dit sou as 'n onafhanklike land met sy bruto geografiese produk die sesde grootste ekonomie ter wêreld wees www.ca.gov: Doing Business. Besoek op 15 April 2018 (die elfde grootste volgens koopkragpariteite<ref> [http://www.politifact.com/california/statements/2016/jul/26/kevin-de-leon/does-california-really-have-sixth-largest-economy-/ Politifact California, 26 Julie 2016: Does California really have the '6th largest economy on planet Earth?'''] </ref>). Met 'n bruto binnelandse produk (BBP) van 2,2 biljoen (2 200 miljard) € het die deelstaat in 2015 ondanks sy betreklik kleiner bevolking (39 miljoen) by die Europese Unie se tweede grootste ekonomie, Frankryk (met 'n BBP ter waarde van 2,12 biljoen € en 'n bevolking van 66 miljoen), verbygesteek. Die deelstaat se aandeel aan die VSA se BBP het in 2015 13,9 persent beloop. www.finanzen100.de, 16 Junie 2016: Selbst Kalifornien hat jetzt eine stärkere Wirtschaft als Frankreich. Besoek op 15 April 2018

Kalifornië het meer as 'n vyfde bygedra tot die Verenigde State se ekonomiese groei sedert 2010 – meer as sy aandeel aan die totale bevolking of nasionale ekonomie. The New York Times, 13 Februarie 2018: Boom and Gloom: An Economic Warning for California. Besoek op 15 April 2018 Nogtans is die deelstaat se ekonomie en arbeidsmark kwesbaarder as dié van die hele Verenigde State – die verlies aan werksgeleenthede tydens 'n resessie is groter as die Amerikaanse gemiddeld. Daarenteen groei die Kaliforniese ekonomie vinniger tydens 'n opswaaifase.

Die belangrikste sektore van die plaaslike ekonomie is landbou, die vermaaklikheidsbedryf, ligte nywerhede (waaronder vervoertoerusting, masjienbou en elektronika), biotegnologie, ruimtevaarttegnologie, wapenvervaardiging en toerisme. Enkele streke in die deelstaat word met bepaalde sektore verbind, soos Los Angeles en Hollywood met vermaak; die Central Valley (Sentrale Vallei) met landbou; die Silicon Valley met inligtings- en hoëtegnologie (tegnologie- en internetreuse soos Intel, Oracle, Apple, Google, Facebook en Nvidia het hulle hoofkwartiere hier); en die Kaliforniese wynlande met wynbou. Belangrike natuurlike hulpbronne, wat in die deelstaat aangetref word, sluit hout, ruolie, sement en aardgas in. Die San Franciscobaai en die Groter Los Angeles-gebied word as sentrums van onderskeidelik die wêreldwye tegnologie- en die Amerikaanse rolprentbedryf beskou.

Kalifornië vorm nie net die Verenigde State se demografiese en ekonomiese swaartepunt nie, maar was en is ook die deelstaat waar kwessies van nasionale belang opgewerp en nuwe leefstyle gevolg word. Die Universiteit van Kalifornië se Berkeley-kampus was in die 1960's die bakermat van die Amerikaanse Free Speech Movement en die stadsbuurt Haight Ashbury in San Francisco het tot 'n mekka van die hippie-beweging ontwikkel. Tans is die deelstaat onder meer 'n nasionale leier op die gebied van alternatiewe energiebronne. In 2019 was byna twee derdes van die deelstaat se kragverkope uit koolstofvrye energiebronne afkomstig (hierby word kernkrag ingesluit), terwyl die aandeel hernubare energiebronne op sowat 36 persent beraam is. California Energy Commission, 16 Julie 2020: New data shows nearly two-thirds of California’s electricity came from carbon-free sources in 2019. Besoek op 4 Augustus 2020 Die California Institute of Technology, oftewel Caltech, in Pasadena is 'n ander bekende instelling en spits hom op natuur- en ingenieurswetenskappe toe. Kalifornië is ook bekend vir sy liberale tradisie, gevolglik was die meeste goewerneurs van dié deelstaat Demokrate, van die bekendste uitsonderings is Ronald Reagan (1967–1975) en Arnold Schwarzenegger (2003–2011) van die Republikeinse Party.

Etimologie duimnael|upright|Kalifornië en die gelyknamige heerser, koningin Calafia het hul oorsprong in die 1510-epos Las sergas de Esplandián deur Garci Rodríguez de Montalvo Die Spanjaarde het die naam Las Californias aan die Neder-Kalifornië-skiereiland (in die huidige Meksiko) gegee. Toe Spaanse ontdekkingsreisigers en setlaars noord en binnelands beweeg het, het die streek California, oftewel Las Californias, gegroei. Uiteindelik het dit land noord van die skiereiland, Alta Kalifornië, ingesluit, waarvan 'n deel die huidige Amerikaanse deelstaat Kalifornië geword het.

Volgens 'n 2017-staatswetgewende dokument "bestaan daar talle teorieë oor die oorsprong en betekenis van die woord 'Kalifornië'" en al wat bekend is, is dat die naam teen 1541 "vermoedelik deur 'n Spaanse seevaarder" by 'n kaart gevoeg is.

Die naam is heel waarskynlik ontleen aan die mitiese eiland Kalifornië in die fiktiewe verhaal oor koningin Calafia, soos opgeteken in 'n 1510-werk Las sergas de Esplandián deur Garci Rodríguez de Montalvo. Koningin Calafia se koninkryk was glo 'n afgeleë land ryk aan goud en pêrels, bewoon deur pragtige swart vroue wat goue wapenrusting gedra en soos Amasones geleef het, sowel as griffioene en ander vreemde diere. In 1535 het Hernán Cortés Baja California bereik, gedink dit is 'n eiland en dit na aanleiding van Montalvo se boek genoem.

Die Latynse naam het in 1950 ook as basis vir die benaming van die element kalifornium gedien wat deur wetenskaplikes van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley ontdek is. Interessant genoeg is 'n element wat een jaar vroeër ontdek is, berkelium, na die Kaliforniese stad Berkeley genoem.

Geografie duimnael|links|Die laaste sonlig val oor die Mojave-woestyn se Dumont-duine duimnael|'n Gemodifiseerde Boeing 747-makrostraler, wat die ruimtependeltuig Endeavour (STS-126) vervoer, vlieg oor die Kaliforniese Mojave-woestyn, op pad na die Kennedy-ruimtesentrum in FloridaFoto geneem deur NASA, 10 Desember 2008 Kalifornië is aan die weskus van die Verenigde State geleë waar dit oor 'n afstand van byna 800 myl in 'n noord-suidelike rigting strek en 200 myl in 'n wes-oostelike rigting. Die kuslyn langs die Stille Oseaan varieer grootliks, van warm sandstrande in die suide tot die rotskus van Noord-Kalifornië met die Lost Coast. In die noordelike helfte van die kus en naby San Francisco is daar die beroemde Golden Gate, waaroor die Golden Gate-brug strek. Noordwes hiervan lê Point Reyes. Halfpad langs die kus, in die Monterey County, strek bergpieke regstreeks tot in die see om die skouspelagtige natuurtonele van Big Sur te vorm. Verder suid vorm Point Conception 'n natuurlike skeiding tussen Sentraal- en Suid-Kalifornië. Langs die suidkus van Suid-Kalifornië, suid van die Santa Barbara-kanaal, is die Kaliforniese Kanaaleilande geleë. In die suidweste, naby die grens met Meksiko, loop die beroemde Coloradorivier wat uitmond in die Golf van Kalifornië. Van die ander belangrike riviere soos die Russian River en die San Joaquin-rivier vloei in 'n westelike rigting en mond in die Stille Oseaan uit.

Die laer bergreekse, wat langs die kus gevorm is, beskerm die wye Sentrale Vallei wat oor die hele lengte van die deelstaat strek en skep 'n gunstige klimaat vir intensiewe boerdery. Verder landwaarts verrys die hoë bergpieke van die Sierra Nevada-reeks, met Mount Whitney as die hoogste piek in die vastelandse Verenigde State – op 4 421,1 m bo seevlak. In die Sierra Nevada is ook die bekende Death Valley geleë en in 1905 het die Saltonmeer in 'n soortgelyke depressie ontstaan. Anderkant die Sierras en suid daarvan lê die barre Mojave-woestyn wat ooswaarts oor die deelstaatgrens tot Nevada strek. Verder suid is die San Gabriel Valley geleë wat deel uitmaak van Groter Los Angeles. In die ooste sluit die Inland Empire aan.

Kalifornië word geomorfologies in elf verskillende streke onderverdeel – van noord na suid: die Klamath-berge, die Kaskade-bergreeks, die Modoc-plato, die Basin and Range Province, die Kusbergreeks (Coast Range), die Sentrale Vallei, die Sierra Nevada, die Transverse Ranges (ook Los Angeles Ranges genoem), die Mojave-woestyn, die Peninsular Ranges en die Coloradowoestyn.

Klimaat duimnael|Digte mis omhul die Golden Gate-brug in San Francisco op 'n Augustusoggend duimnael|Herfskleure in die Nasionale Joshua Tree-park, Suidoos-Kalifornië