Die skoorsteenveër (Threskiornis aethiopicus) is 'n groot voël (lengte 64–82 cm; massa 1,5 kg), wat wydverspreid in Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die African sacred ibis.

Gewoontes

Die heilige voël van die Egiptenare, waar dit "die vader van die sekel" genoem is, omdat dit in duisende op landerye na oorstromings deur die Nylrivier voorgekom het en as 'n aanduiding van 'n goeie oesjaar beskou was. Waterinsekte, paddas, visse, sprinkane, ensomeer is hulle kos. Die naam skoorsteenveër het hy gekry vanweë sy gewoonte om die binnegoed van dooie diere uit te skraap.

Identifikasie Die kop en nek is veerloos en swart van kleur. Die vlerke en rug is wit met 'n swart stert.

Habitat Damme, vleigebied, panne en moerasagtige areas. Hulle word ook op vullishope gevind, waar hulle aas op oorskietkos.

Verspreiding duimnael|links|180px|'n Antieke Egiptiese beeld van 'n skoorsteenveër in die Kopenhagen-museum

Skoorsteenveërs kom voor in Afrika suid van die Sahara, suid-Irak en (voorheen) in Egipte. Hulle is daarnaas ook eksoties ingevoer in Wes-Europa en Amerika.

Voortplanting Skoorsteenveërs maak nes in boomkolonies, gewoonlik met ander waadvoëls soos reiers. Hulle bou neste van stokke, soms in 'n kremetartboom, en lê 2 tot 3 eiers.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Ibisse en lepelaars