Die olyfbyvreter (Merops superciliosus) is 'n gelokaliseerde algemene intra-Afrika broeiende somertrekvoël. Dit leef in breëblaarboomveld naby mere, riviere en moerasse. Hulle word die maklikste gesien in noordwes-Namibië. Dit is 'n skaars standvoël in Mosambiek. In Engels staan die voël bekend as die Madagascar (Olive) Bee-eater.

Identifikasie Die voël is 24 cm groot en saam met die stert is dit 30 cm lank en die voël weeg 38 tot 48 gram; dit is kleiner as die blouwangbyvreter. Die kroon is bruin, die wenkbrou en wangstrepe is wit. Die keel is rooibruin en die bors is groen.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Byvreters