Die gewone willie (Andropadus importunus) is 'n sangvoël wat deel van die familie van tiptolle is. Die voël leef in kusstruike, woudblaredakke en rande, in dig beboste valleie en waterlope aan die suid- en ooskus en onmiddellike binneland van Suid-Afrika. Die voël word tot 20 cm lank.

Voorkoms Die voël is valerig olyfbruin met wit oë. Hulle kom een-een of in pare voor maar word min gesien omdat hulle digte beskutting verkies. Hulle vreet bessies en vye.

Ander name Engelse naam: Sombre greenbul (bulbul) Wetenskaplike naam: Andropadus importunus

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Kategorie:Tiptolle Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin