Die knysnaloerie (Tauraco corythaix) is 'n relatief groot voël wat in die immergroen woude van suidelike en oostelike Suid-Afrika en Eswatini voorkom.

Binne die verspreidingsgebied is die spesie onmiskenbaar, hoewel dit dikwels onopvallend in die boomtoppe is. Saam met die lang stert is dit 40–42 cm lank. Die voël het 'n klein, maar dik oranjerooi snawel en 'n wit lyn net onder die oog, wat die hoofsaaklik groen vere kontrasteer. Dit het 'n groot groen kuif met 'n wit kruin. Die oog is bruin en die oogringe diep rooi. In vlug kan die karmosynrooi vlug-vere duidelik gesien word.

Hierdie voëls lê twee eiers in 'n vlak nes van stokke wat as 'n platform in 'n boom of bos rankplante gebou word. Die geslagte is soortgelyk, maar jong voëls het 'n korter kuif sonder die wit kruin.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Eksterne skakels

loerie Kategorie:Loeries