Eva Ahnert-Rohlfs (11 Augustus 1912 - 9 Maart 1954) was 'n Duitse sterrekundige. Sy het belangrike waarnemings van veranderlike sterre gemaak.
Ahner-Rohlfs is in Coburg (Hertogdom Saxe-Coburg-Gotha) gebore. Sy het vanaf 1931 tot 1933 in Würzburg, München en Kiel studeer. Na nege jaar waar sy van die beroep onttrek het om aandag aan haar gesinslewe te wy, het sy vanaf 1942 tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog aan die Universiteit van Göttingen gestudeer. Vanaf 1945 het sy nou saam met professor Cuno Hoffmeister as assistent sterrekundige by die Sonneberg-sterrewag gewerk. In 1951 het sy 'n doktorsgraad in astrofisika van die Universiteit van Jena ontvang. By die Sonneberg-observatorium ontmoet Eva Rohlfs die sterrekundige Paul Oswald Ahnert, en hulle het in 1952 getrou. Eva Ahnert-Rohlfs is op 41 jarige ouderdom in Sonneberg oorlede.
Bibliografie "Strahlungsdruck, Poynting-Robertson-Effekt und interstellare Materie." Mitteilung der Sternwarte Sonneberg 43 (1953) "Vorläufige Mitteilung über Versuche zum Nachweis von Meteoritischem Staub." Mitteilung der Sternwarte Sonneberg 45 (1954) "Zur Struktur der Entstehung des Perseidenstroms." Veröffentlichung der Sternwarte Sonneberg (part 2, p. 5 - 38) (1956)
Doodsgetuienisse AN 281 (1954) 284 Cuno Hoffmeister: "Eva Ahnert-Rohlfs" (Die Sterne issue 5/6, 1954, p. 103 – 105)
Sien ook Astronomie Planete Komete
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 1954 Kategorie:Duitse sterrekundiges