Horace Welcome Babcock (13 September 1912 - 29 Augustus 2003) was 'n Amerikaanse sterrekundige. Hy was die seun van Harold D. Babcock.

Loopbaan Babcock het 'n aantal sterrekundige instrumente ontwerp en gebou, en in 1953 was hy die eerste om die idee van aanpassende optika voor te stel. Babcock, H.W. (1953) “The possibility of compensating astronomical seeing,” Publications of the Astronomical Society of the Pacific, 65 (386) : 229–236. Available at: Astrophysics Data System Hy het in spektroskopie en die studie van magnetiese velde van sterre gespesialiseer. Hy het die Babcock Model voorgestel, 'n teorie vir die magnetisme van sonkolle.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy betrokke by stralingswerk by MIT en Caltech. Ná die oorlog het hy 'n produktiewe samewerking met sy pa (Harold D. Babcock) begin. Sy voorgraadse studie was by Caltech, en het sy doktorsgraad van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley verwerf.

Babcock se doktorale proefskrif het een van die vroegste aanduidings van donker materie (Engels: dark matter) bevat. Hy het metings van die rotasiekurwe vir Andromeda gerapporteer wat voorgestel het dat die massa-tot-helderheidsverhouding radiaal toeneem. Babcock, H, 1939, “The rotation of the Andromeda Nebula ”, Lick Observatory bulletin ; no. 498 Hy het dit egter toegeskryf aan die absorpsie van lig binne die sterrestelsel of gemodifiseerde dinamika in die buitenste dele van die spiraal, en nie aan enige vorm van ontbrekende materie nie.

Hy was van 1964 tot 1978 direkteur van die Palomar-observatorium vir Caltech.

Toekennings Henry Draper Medal van die National Academy of Sciences (1957) Eddington Medal (1958) Lid van die American Academy of Arts and Sciences (1959) Bruce-medalje (1969) Gold Medal of the Royal Astronomical Society (1970) George Ellery Hale Prys van die American Astronomical Society Solar Physics Division (1992) Vernoem na hom Asteroïde 3167 Babcock (saam met sy pa)

Doodsgetuienisse (orbutuaries) PASP 116 (2004) 290 (not available online yet, see )

Sien ook Astronomie Planete Komete Spektroskopie

Verwysings

Eksterne skakels Bruce Medal page Awarding of Bruce Medal Awarding of RAS gold medal H.W. Babcock, "The Possibility of Compensating Astronomical Seeing", PASP 65 (1953) 229 Oral History interview transcript with Horace Babcock 25 July 1977, American Institute of Physics, Niels Bohr Library and Archives National Academy of Sciences Biographical Memoir

Kategorie:Amerikaanse sterrekundiges Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 2003