Harold Delos Babcock (24 Januarie 1882 - 8 April 1968) was 'n Amerikaanse sterrekundige, en die vader van Horace W. Babcock. Hy was van Engelse en Duitse herkoms. NNDB entry Hy is in Edgerton, Wisconsin, gebore voordat hy sy hoërskool loopbaan in Los Angeles voltooi het, en is in 1901 by die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, aanvaar is. Hy het vanaf 1907 tot 1948 by die Mount Wilson-sterrewag gewerk. Hy het in sonspektroskopie gespesialiseer en die verspreiding van magnetiese velde oor die son se oppervlak gekarteer. Saam met sy seun het hy die bestaan van sterk magnetiese velde in sekere sterre bekend gemaak. In 1953 het hy die Bruce-medalje gewen.

Die Babcockkrater op die maan is na hom vernoem, asook die asteroïde 3167 Babcock (gesamentlik na hom en sy seun).

Doodsgetuienisse (orbutuaries) Obs 88 (1968) 174 (one paragraph) QJRAS 10 (1969) 68

Sien ook Astronomie Planete Komete

Verwysings

Eksterne skakels National Academy of Sciences Biographical Memoir

Kategorie:Amerikaanse sterrekundiges Kategorie:Geboortes in 1882 Kategorie:Sterftes in 1968