Saiph, ook bekend as onder meer Kappa Orionis, is die sesde helderste ster in die sterrebeeld Jagter (Orion) en een van die vier sterre wat die Jagter se hoofvierhoek vorm. Iemand in die Suidelike Halfrond wat noord kyk, sal dit regs bo sien, en iemand in die Noordelike Halfrond wat suid kyk links onder. Metings van sy parallaks dui daarop dit is sowat 650 ligjare (198 parsek) van die Son af, omtrent dieselfde as Betelgeuse. Hoewel dit ’n warmer ster is, is dit kleiner en dowwer as Rigel, met ’n skynbare magnitude van 2,1. Die ster se helderheid wissel effens, met sowat 0,04 magnitudes.
Eienskappe Saiph het ’n sterreklassifikasie van B0,5 Ia. Die helderheidsklas "Ia" verteenwoordig ’n helder superreus wat die waterstof in sy kern opgebruik het en wegbeweeg het van die hoofreeks. Saiph het ’n sterk sterwind en verloor massa teen ’n tempo van keer die massa van die Son per jaar, of een sonmassa elke 1,1 miljoen jaar. Groot sterre soos Saiph (en baie ander in die Jagter) sal eindelik as ’n supernova ontplof.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Jagter (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:B-tipe superreuse