duimnael|links|Bethel Henry Strousberg en sy gesin in die laat 1860's in hul tuin in Tiergarten. Die entrepreneur is uitgebeeld as ideale haut bourgeois-pater familiasFredric Bedoire: The Jewish Contribution to Modern Architecture 1830–1930. Jersey City: KTAV Publishing House 2004, bl. 237Skildery deur L. Knaus, 1870, Joodse Museum Berlyn Bethel Henry Strousberg (* 20 November 1823 in Neidenburg, Masurië; † 31 Mei 1884 in Berlyn; eintlik Baruch Hirsch Strausberg, die naam is later verduits na Barthel Heinrich Strausberg en uiteindelik in Londen gewysig na Strousberg) was 'n Duitse nywerheidsmagnaat van Joodse afkoms. Gebore in 'n arm gesin, het Strousberg gedurende die sogenaamde Gründerzeit, die ekonomiese bloeitydperk voor die stigting en in die beginjare van die Duitse Keiserryk, vanaf 1860 die vernaamste Europese spoorweg-entrepreneur geword wat in sy beste tye sowat 100 000 werkers in diens gehad het.

In Berlyn het hy vir homself in 1867/68 'n paleisagtige woning, die Palais Strousberg, laat bou wat as 'n voorbeeld van gesofistikeerde luukse beskou is en van die mees moderne tegniese geriewe voorsien is. Net vier jaar later het dinge vir Strousberg 'n dramatiese wending geneem. Strousberg het bankrot gespeel en is in 1884, ná vergeefse pogings om 'n nuwe onderneming te vestig, in armoede in 'n hotel in die Berlynse Taubenstraße oorlede.

Die bankrotskap van Strousberg se spoorweg-onderneming was die begin van 'n ernstige ekonomiese insinking in die jong Duitse Keiserryk, die sogenaamde Gründerkrach.

Verwysings

Kategorie:Duitse entrepreneurs Kategorie:Duitse Jode Kategorie:Geboortes in 1823 Kategorie:Sterftes in 1884