Mohammed Anwar el-Sadat (محمد أنور السادات) Muḥammad as Anwar-Sādāt, Egipties:[muħæmmæd ˈʔɑnwɑɾ essæˈdæːt] (* 25 Desember 1918 – † 6 Oktober 1981) was die derde President van Egipte, 'n amp wat hy vanaf 15 Oktober 1970 tot en met die sluipmoord op hom deur fundamentalistiese offisiere op 6 Oktober 1981, beklee het. Sadat was 'n senior lid van die Vrye Offisiere-beweging wat Koning Farouk in die Egiptiese Revolusie van 1952 onttroon het, en 'n vertroueling van President Gamal Abdel Nasser, onder wie hy tweekeer as vise-president gedien het, en wie hy in 1970 as president opgevolg het.
In sy elf jaar as president, het hy Egipte se koers verander, deur uit baie van die politieke en ekonomiese beginsels van Nasserisme terug te trek, na 'n veelpartydemokrasie terug te keer, en die Infitah ekonomiese beleid van stapel te stuur. As President, het hy Egipte in die Jom Kippoeroorlog van 1973 gelei om Egipte se Sinai Skiereiland te herwin, wat Israel sedert die Ses-Dag Oorlog van 1967 beset het. Dit het van hom 'n held in Egipte en, vir 'n tyd, die res van die Arabiese Wêreld gemaak. Daarna het hy onderhandelinge met Israel begin, wat tot die Egipte–Israel Vredesverdrag gelei het. Hy en die Israeliese Eerste Minister, Menachem Begin, het daarvoor die Nobelprys vir Vrede verower. Daardeur het Sadat die eerste Moslem-nobelpryswenner geword. Alhoewel Egiptiese reaksie op die verdrag, wat Sinai as Egiptiese gebied bevestig het, oor die algemeen gunstig was,Peace with Israel is dit deur die Moslem-Broederskap verwerp, wat gevoel het dat Sadat pogings om 'n Palestynse staat te verseker, laat vaar het. Met die uitsondering van Soedan, was die Arabiese wêreld en die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) sterk gekant teen Sadat se pogings om 'n aparte vrede met Israel te beding sonder om dit vooraf met die Arabiese state te bespreek. Sy weiering om met hulle te versoen oor die Palestynse kwessie het daartoe gelei dat Egipte se lidmaatskap in die Arabiese Liga tussen 1979 en 1989 opgeskort is.Vatikiotis, P. J. (1992). The History of Modern Egypt (4th edition ed.). Baltimore: Johns Hopkins University. p. 443. Die vredesverdrag was ook een van die hooffaktore wat gelei het tot sy moord.
Vroeë lewe en revolusionêre aktiwiteite Anwar Sadat is op 25 Desember 1918 in Mit Abu El Kom, Monufia, Egipte, gebore in 'n arm Nubiese familie, een van 13 broers en susters. Een van sy broers, Atef Sadat, het later 'n vlieënier geword, en het tydens die Oktoberoorlog van 1973 gesneuwel.US diplomatic cable about Atef Sadat's funeral Sy vader, Anwar Mohammed El Sadat was van Bo-Egipte, en sy moeder, Sit Al-Berain, se vader was Soedanees.Sadat's Wife autobiography Sy teenstaanders het gesê dat sy ma nie "Egipties genoeg" gelyk het nie, en sommige het hom "Nasser se swart poedel" genoem.
Hy het aan die Koninklike Militêre Akademie in Kaïro in 1938 gegradueer, en is aangestel in die seinkorps. Hy het sy weermagloopbaan as 'n onderluitenant begin, en is in Soedan geplaas, wat op daardie tyd deel van Egipte was. Daar het hy Gamal Abdel Nasserontmoet, en saam met 'n paar ander onderoffisiere, het hulle het die geheime beweging "Vrye Offisiere" gestig om Egipte en Soedan van Britse oorheersing en koninklike korrupsie te bevry.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is hy deur die Britte in hegtenis geneem vir sy pogings om hulp van die Spilmoondhede te kry om die Britse besettingsmagte te verdryf. Anwar Sadat was aktief in baie politieke bewegings, insluitend die Moslem-Broederskap, die fascistiese Jong Egipte, die pro-koninklike Ystergarde van Egipte, en die geheime militêre groep genaamd die Vrye Offisiere. Hy het deelgeneem aan die militêre staatsgreep deur die Vrye Offisiere wat die Egiptiese Revolusie van 1952 ontlont het, waarin Koning Farouk op 23 Julie onttroon is. Sadat is aangewys om die nuus van die rewolusie oor die radionetwerke aan die Egiptiese volk aan te kondig.
Tydens Nasser se presidentskap links|duimnael|Top Egiptiese leiers in Alexandrië, 1968. Van links na regs: Gamal Abdel Nasser, Sadat, Ali Sabri en Hussein el-Shafei Tydens die presidentskap van Gamal Abdel Nasser is Sadat in 1954 aangestel as staatsminister. Hy is ook aangestel as redakteur van die nuutgestigte dagblad Al Gomhuria. In 1959, het hy die Sekretaris aan die Nasionale Unie geword. Sadat was die President van die Nasionale Vergadering (1960-1968) en daarna die visepresident en lid van die presidensiële raad in 1964. Hy is in Desember 1969 heraangestel as vise-president.
Presidentskap Van die belangrikste gebeure van Sadat se presidentskap was sy "Regstellende Revolusie" om die regering se mag te konsolideer, die breuk met Egipte se jarelange bondgenoot en ondersteuner, die Sowjetunie, die 1973 Oktoberoorlog teen Israel, die Camp David-vredesverdrag met Israel, die Infitah ("opening") van Egipte se ekonomie, en sy sluipmoord in 1981.
Sadat het na Nasser se dood in Oktober 1970 vir hom as president opgevolg. Die aanname was dat Sadat se presidentskap van korte duur sou wees. Nasser se ondersteuners in die regering het Sadat as 'n marionet van die vorige president gesien, en geglo dat hulle hom maklik sou kon manipuleer. Sadat het almal verras met 'n reeks van slim politieke skuiwe waardeur hy in staat was om die presidentskap te behou en as 'n leier in eie reg na vore te kom. Op 15 Mei 1971,Le prophète et Pharaon by Kepel, p. 74 het Sadat sy Korrektiewe Revolusie aangekondig, waarin hy die vurigste Nasseriste uit hulle poste in politieke, regerings- en sekuriteitsinstellings verwyder het. Sadat het 'n Islamitiese beweging aangemoedig, wat deur Nasser onderdruk was. Aangesien hy geglo het dat Islamiete sosiaal konserwatief was, het hy vir hulle aansienlike kulturele en ideologiese outonomie toegestaan in ruil vir hulle politieke ondersteuning.Gilles Kepel, Jihad: The Trail of Political Islam, p. 83
In 1971, drie jaar na die begin van die uitputtingsoorlog rondom die Suezkanaal, het Sadat in 'n brief die vredevoorstel van die VN-onderhandelaar Gunnar Jarring onderskryf, wat 'n totale vrede met Israel voorgestel het, op die voorwaarde dat Israel sou terugtrek na sy grense soos voor die oorlog. Hierdie vredesinisiatief het misluk, aangesien nóg Israel nóg die Verenigde State van Amerika die terme wou aanvaar.
Korrektiewe Revolusie Kort nadat hy die amp aangeneem het, het Sadat baie Egiptenare geskok deurdat hy twee van die kragtigste figure in die regime van hulle poste onthef en in hegtenis geneem het: Visepresident Ali Sabri, wat noue bande met Sowjetamptenare gehad het, en Sharawy Gomaa, die Minister van Binnelandse sake wat die geheime polisie beheer het. Sadat se stygende gewildheid het versnel nadat hy die magte van die gehate geheime polisie ingeperk het, die Sowjet militêre magte uit die land gesit het, en die die Egiptiese weermag vir 'n hernude konfrontasie met Israel opgebou het.
Jom Kippoeroorlog Op 6 Oktober 1973, in samewerking met Hafez al-Assad van Sirië, het Sadat die Oktober-oorlog, ook bekend as die Jom Kippoeroorlog, en minder algemeen as die Ramadaan-oorlog, van stapel gestuur. Dit was 'n verrassingsaanval teen die Israeliese besettingsmagte op die Egiptiese Sinaï-Skiereiland en die Siriese Golanhoogtes in 'n poging om hierdie onderskeie Egiptiese en Siriese gebiede terug te wen, wat ses jaar tevore in die Sesdaagse Oorlog deur Israel ingeneem is. Die Egiptiese en Siriese sukses in die beginstadiums van die oorlog het beide Israel en die Arabiese Wêreld verras. Die mees opvallende prestasie (Operasie Badr, ook bekend as Die Kruising) was die Egiptiese weermag se opmars tot ongeveer 15 km in die besette Sinai Skiereiland, nadat hulle die Bar Lev-lyn deurdring en grotendeels vernietig het. Hierdie lyn is voorheen algemeen as 'n ondeurdringbare defensiewe ketting gesien.
Soos die oorlog voortgesleep het, het drie afdelings van die Israeliese weermag onder Generaal Ariel Sharon die Suezkanaaloorgesteek, en eers probeer om die Egiptiese Tweede Leër te omsingel. Alhoewel dit onsuksesvol was, het 'n ooreenkoms tussen die VSA en die Sowjetunie daartoe gelei dat die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad op 22 Oktober 1973 Resolusie 338 aanvaar het, waarin 'n onmiddellike skietstilstand geëis is. Hoewel dit uitgeroep is, is die skietstilstand onmiddellik verbreek. Alexei Kosygin, die voorsitter van die Sowjetunie se Raad van Ministers, het 'n amptelike vergadering met die Deense Eerste Minister Anker Jørgensen gekanselleer om na Egipte te reis, waar hy probeer het om Sadat te oorreed om 'n vredesverdrag te onderteken. Dit is onseker of Kosygin en Sadat tydens sy twee dae lange besoek ooit persoonlik ontmoet het. Die Israeliese weermag het voortgegaan in hulle pogings om die Egiptiese leër te omsingel. Die omsingeling is op 24 Oktober voltooi, drie dae na die verbreking van die skietstilstand. Hierdie ontwikkeling het spanning tussen die supermoondhede teweeg gebring, maar 'n tweede skietstilstand is samewerkend op 25 Oktober opgelê om 'n einde aan die oorlog te bring. Teen die einde van die oorlog, was die Israeliese magte 40 km vanaf Damaskus en 101 km vanaf Kaïro.
Vrede met Israel Die aanvanklike Egiptiese en Siriese oorwinnings in die oorlog het die moraal in Egipte en die Arabiese Wêreld herstel, en Sadat het vir jare daarna bekend gestaan as die "Held van die Kruising". Israel het Egipte as 'n gedugte vyand erken, en Egipte se hernude politieke betekenis het uiteindelik gelei tot die herstel en heropening van die Suezkanaal deur die vredesonderhandelinge. Sy nuwe beleid van vrede het gelei tot die sluiting van twee ooreenkomste oor ontkoppeling van kragte met die Israeliese regering. Die eerste van hierdie ooreenkomste is onderteken op 18 Januarie 1974, en die tweede op 4 September 1975.
Een belangrike aspek van Sadat se vredesbeleid was godsdienstige ondersteuning vir sy pogings. Reeds tydens sy besoek aan die VSA in Oktober en November 1975, het hy die Evangeliese pastoor Billy Graham tot 'n amptelike besoek uitgenooi, wat 'n paar dae na Sadat se besoek plaasgevind het. Benewens die kweek van verhoudings met Evangeliese Christene in die VSA, het hy ook met die Vatikaan begin saamwerk. Op 8 April 1976 het hy die Vatikaan vir die eerste keer besoek, en ontvang 'n boodskap van ondersteuning van Pous Paulus VI ten opsigte van vrede met Israel, om 'n regverdige oplossing vir die Palestynse kwessie in te sluit. Sadat het van sy kant 'n openbare uitnodiging aan die Pous uitgereik om Kaïro te besoek.
Sadat het ook die media gebruik om sy doelwitte te bevorder. In 'n onderhoud wat hy aan die Libanese koerant El Hawadeth in Februarie 1976 gegee het, het hy beweer dat hy 'n geheime verbintenis van die Amerikaanse regering gekry het om druk op die Israeliese regering uit te oefen vir 'n groot onttrekking uit Sinai en die Golanhoogtes. Hierdie verklaring het hoofbrekens vir die Israeliese regering besorg, maar Kissinger het ontken dat so 'n belofte ooit gemaak is.
In Januarie 1977 het 'n reeks van sogenaamde "Broodonluste" uitgebreek, waarin teen Sadat se ekonomiese liberaliseringsbeleid geprotesteer is, veral 'n regeringsbesluit wat prysbeheer op basiese noodsaaklikhede soos brood opgehef het. Die onluste het vir twee dae geduur, honderde duisende het in Kaïro daaraan deelgeneem. 120 busse en honderde geboue is alleen in Kaïro vernietig.Mary Ann Weaver, Portrait of Egypt, p. 25 Die onluste het geëindig met die inset van die weermag en die her-instelling van die subsidies en prysbeheer. Gedurende hierdie tyd, het Sadat ook 'n nuwe benadering tot die verbetering van betrekkinge met die Weste ingeneem.
Die Verenigde State en die Sowjetunie het op 1 Oktober 1977 ooreengekom op die beginsels waaronder 'n Geneefse konferensie oor die Midde-Ooste sou plaasvind. Sirië het het egter steeds so 'n konferensie teengestaan. Aangesien hy nie wou hê dat Sirië of die Sowjetunie die vredesproses moes beïnvloed nie, het Sadat besluit om 'n meer progressiewe houding teenoor 'n omvattende vredesooreenkoms met Israel in te neem.